 |
© Response Group Trendline
Port Elizabeth, South Africa |
South African Agricultural
Machinery Association
Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
| P.O. Box/Posbus 1159 | Telephone/Telefoon (011) 453-7249 |
| Edenvale 1610 | Telefax/Telefaks (011) 453-9710 |
| South Africa/Suid-Afrika | |
PERSVRYSTELLING
Januarie 2012: TREKKER- en STROPERVERKOPE
Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Januarie 2012 was soos volg:
| |
Maand |
Persentasie |
Jaar-tot-datum |
Persentasie |
| |
Januarie |
verandering |
Januarie |
verandering |
| |
2012 |
2011 |
% |
2012 |
2011 |
% |
| Trekkers |
790 |
428 |
84.6 |
790 |
428 |
84.6 |
| Stropers |
13 |
10 |
30.0 |
13 |
10 |
30.0 |
Trekkerverkope van 790 eenhede in Januarie is byna 85% hoër as die verkope van 428 eenhede wat in Januarie verlede jaar aangemeld is. Dit is die hoogste verkoopsyfer vir Januarie in die afgelope 30 jaar, met ander woorde sedert 1982. Stroperverkope van 13 eenhede in Januarie is aansienlik meer as die 10 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.
Fundamentele aspekte in die mark bly positief. Somergewasse in die meeste gebiede lyk goed, maar reën is noodaaklik in die volgende vier weke sodat die volle potensiaal van die gewasse behaal kan word. Met betrekking tot die huidige mieliestand, sal die opbrengs die fyn balans tussen voldoende en onvoldoende produksie vir plaaslike verbruik bepaal. Dit sal oespryse beïnvloed, omdat plaaslike en internasionale graanvoorraadvlakke relatief laag is.
Volgens huidige ramings vir trekkerverkope in die 2012-kalenderjaar, sal verkope tussen 6 600 en 7 100 eenhede wees, sowat 5% tot 10% laer as verkope in 2011.
Lane Reynolds
Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: Mnr. Lane Reynolds (082) 652-2501 of Dr. Jim Rankin (011) 453-7249
TERUG
Note: that all data represented herein is classified proprietary information (
Copyright) and that it may
not be reproduced in any manner or form without explicit approval.

CREATED, DESIGNED AND HOSTED BY RESPONSE GROUP TRENDLINE TEL: (041) 503 8800 E-MAIL: info@rgt.co.za